Botha At

At Botha is gebore op 23/12/1949 in Kroonstad in die Oranje Vrystaat. Hy is van kindsbeen af geinterreseerd in die kunste, hetsy dit poesie, musiek of die skilderkuns was. Hy begin in ongeveer 1960 reeds eksperimenteer met waterverf, en olie volg spoedig daarna. At was altyd geinterreseerd in landskappe -toe al Vrystaat geinspireerd aangesien sy Pa n onderwyser was, en die gesin oral in die Vrystaat rondgetrek het.
Hy besluit in 1971 op 21jarige ouderdom om drama te gaan studeer aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys. Hierna volg n 36jaar bedryf in die toneel, wat insluit alles van verhoog, film, radio en televisie.Deur al die jare het hy aangehou met die skilderkuns, en ongeveer 12jaar terug besluit om toe te tree tot die professionele mark. Die werke van veral die Oos Vrystaat vind onmiddellik byval by die publiek, en At begin later ander landsstreke ook skilder soos die Hexrivier die Weskus ens.
At werk van sy ateljee af in Johannesburg, en sy werke word landswyd en ook oorsee verkoop. Hy werk deesdae hoofsaaklik in akriel, maar begin eersdaags weer n reeks in olies, wat meer met die palet as die kwas geskilder word.
n Mens kan At gewoonlik by omtrent al die Kunstefeeste opspoor, waar hy dan voor die publiek staan en skilder.
Alhoewel At n selfgemaakte skilder is, woon hy van tyd tot tyd skilderklasse by verskeie mense by, net om ander tegnieke ook te leer ken.
At is veral bekend vir sy wolkformasies, en in sy skilderye gee hy gewoonlik die lug voorkeur wat spasie op die skildery betref -“where do you get a more perfect sky than the african sky”-is een van sy geliefde gesegdes. Hy word gereeld deur die publiek beskryf as n moderne Pierneef, alhoewel hy glad nie deur Pierneef geinspireerd is nie -het wel n baie groot waardering vir sy werk.
At beplan om nooit af te tree nie, aangesien die skilderkuns ook vir hom n passie is, en hoop om as die gesondheid dit toelaat, tot op n hoe ouderdom te kan skilder.
Van: www.atbothaart.co.za

Showing all 6 results