Meyer Claudia

Claudia Meyer is gebore en het grootgeword in Namibië en is van Duitse afkoms. Sy skilder al meer as 15 jaar voltyds en was jare lank ‘n baie bekende en gesogte beroepskilder in Namibië. Sy diens en voorsien steeds skilderye aan galerye in Namibië op ‘n gereelde basis.
Sedert 2001 is sy woonagtig in Somerset-Wes saam met haar gesin. Dit was nie vir haar moeilik om ‘n gerespekteerde plek in die Suid Afrikaanse kunsmark te bekom nie. Sy het ‘n baie unieke styl en onderwerp wat groot byval vind by kunsliefhebbers. Die huislike en rustige atmosfeer in haar werk herinner aan vervloë dae. Dit skep ‘n idilliese gevoel van hoe mens graag die lewe sou wou ervaar.
Claudia glo daaraan om in vrede te lewe met almal om haar en om die mooiste uit elke dag te haal. Mense wat ‘n Claudia Meyer besit kan daarna uitsien om vir jare lank elke dag iets nuuts in hul skildery te ervaar.

Showing all 3 results