Novela Daniel

Daniel is in Makado gebore. Hul het in Mosambiek gaan woon totdat sy pa op 10j ouderdom sterf,waarna hy en sy ma teruggetrek het na haar familie in Khuma,naby Klerksdorp.
Om kos op die tafel te hou het hy begin skilderye verkoop voor die Indiër winkeltjie waar hy gewerk het.
Later het die plaaslike kunsmark gevolg en daar was mense wat hom gehelp het om in te skryf vir n diploma in Kuns by die Vaaldriehoek Kampus.
Sy pad het met Les Latenga gekruis wat hom gehelp het met die koop van kunsmateriaal,vervoer en verblyf tydens uitstallings,bemarking en kos op die tafel.
Vandag is Daniel een van SA se top lewende Swart Kunstenaars. Hy het in 2006 n Solo uitstalling gehou in New York, en in 2009 in Stafford Engeland.
Privaat Versamelaars in Oostenryk,Switzerland,en Duitsland het reeds van Daniel se werk aangeskaf.
Novella skilder graag buite terwyl hy na die toneel kyk. Baie keer is daar ‘n vrou met blou of rooi klere in sy skilderye wat n verwysing is na sy ma, Elina.
Die tema van sy skilderye bly dieselfde – in sy eie woorde: ” Each work is a memory of my childwood.”

Showing all 8 results